Paul Gauguin

Paul Gauguin

Gauguin, omstreeks 1891.
Geboortenaam Eugène Henri Paul Gauguin
Gebore (1848-06-07)7 Junie 1848
Parys, Frankryk
Sterf 8 Mei 1903 (op 54)
Atuona, Marquesaseilande, Frans-Polinesië
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Veld Skilderkuns, beeldhouwerk, keramiek, gravering
Beweging Postimpressionisme, primitivisme

Eugène Henri Paul Gauguin (7 Junie 1848 – 8 Mei 1903) was ’n Franse postimpressionistiese kunstenaar. Hy het nie werklik erkenning gekry tot ná sy dood nie, maar word nou geloof vir sy eksperimentele gebruik van kleur en die sintetistiese styl, wat onderskei kan word van impressionisme. Sy werk het dié van die Franse avant-garde en baie moderne kunstenaars beïnvloed, byvoorbeeld dié van Pablo Picasso en Henri Matisse. Gauguin se kuns het ná sy dood gewild geword, deels danksy die pogings van die kunshandelaar Ambroise Vollard, wat uitstallings van sy werk gereël of help reël het.[1][2] Baie van sy skilderye was in besit van die Rus Sergei Sjtsjoekin[3] en ander belangrike versamelaars.

Hy was ’n belangrike figuur in die simbolistiese beweging as 'n skilder, beeldhouer, keramiekkunstenaar en skrywer. Sy gebruik van kleur het regstreeks tot die sintetistiese styl in moderne kuns gelei, terwyl sy uitbeelding van die inherente bedoeling van die mense in sy skilderye die weg gebaan het na primitivisme en die terugkeer na die landelike. Hy was ook ’n belangrike voorstander van houtgraverings en houtsneewerk as kunsvorms.[4][5]

  1. "Gauguin at the Salon d'Automne, 1903 – Catalogue des ouvrages de peinture, sculpture, dessin, gravure, architecture et art décoratif".
  2. "Gauguin retrospective at the Salon d'Automne, 1906 – Catalogue des ouvrages de peinture, sculpture, dessin, gravure, architecture et art décoratif".
  3. "Shchukin Gauguin". Morozov-shchukin.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2013. Besoek op 12 Julie 2013.
  4. "Prints by Paul Gauguin", ArtServe: Australian National University.
  5. "Woodcut and Wood Engraving". TheFreeDictionary.com.

Developed by StudentB